Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 31 AUGUSTUS 2014

Goeiemôre en welkom hier by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat gelees word deur ________________________ (naam, roepsein en QTH waar toepaslik) vanuit ____________________.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 in Engels op HF en verskeie BHF en UHF herhalers oor die land heen. Vir Echolink luisteraars is daar ‘n herleiding deur ZS0JPL. ‘n Potgooi is ook beskikbaar op die Suid-Afrikaanse Radioliga webblad by www.sarl.org.za asook by www.podpage.co.za

‘n Teksweergawe van hierdie bulletin en vorige bulletins kan op die Liga se webwerf verkry word, klik op ‘News’ op die linkerkant. Jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

IN VANDAG SE NUUS

DIE RTA OP PAD NA PRETORIA OP 13 SEPTEMBER

JAMBOREE-OP-DIE-LUG EN CQ HOU KOERS IN OKTOBER

DESEMBER IS YOTA MAAND

en

DIE SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA HF GG KOMPETISIE VANMIDDAG

Die top storie vandag

** Die RTA gehou by die NARS verlede week was 'n groot sukses en te beoordeel aan die e-posse ontvang, iets wat nie misgeloop mag word nie. Pretoria is volgende aan die beurt. Die RTA sal gehou word by die Innovation Hub op Saterdag 13 September. Volledige besonderhede, die program en inskrywingsvorms is beskikbaar op die Suid-Afrikaanse Radioliga webwerf. Besprekings vir hierdie RTA sluit op Dinsdag 9 September. Die program sal dieselfde wees as wat verlede week aangebied is, met Tony Voorveld, ZS6CCD met sy “magic lamps”, Stewart Moss, ZS6SGM, neem jou deur die WSPR program en die 5 MHz navorsingsprojekte plus al die ander interessante aanbiedings.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga Jeug Net sal op die lug wees elke eerste Sondag van die maand. Die volgende net is op Sondag 7 September om 15:00 op 7 070 kHz. Sluit aan die volgende jeug net en gesels saam. Die Jeug Net behels meer as net die uitruiling van ‘n sein rapport, dit is meer 'n bespreking oor 'n jeug verwante onderwerp. Die Net op 7 September gaan oor die onderwerp "Facebook: is daar ander sosiale media platforms wat jy dink beter is?” Die Jeug Net is vir die jeug onder 25.

** Die volgende 5 MHz aktiwiteit naweek word gehou op 20 en 21 September 2014. Suid-Afrikaanse Radioliga lede word uitgenooi om deel te neem aan die 5 MHz aktiwiteit naweek gewy aan voortplanting navorsing. Die aktiwiteit word van 13:00 tot 20:00 op elke dag gehou en bestaan uit verskeie aktiwiteite tydens die aangewese tydsgleuwe. Die aktiwiteit is oop vir alle Suid-Afrikaanse Radioliga lede en aan alle radio amateurs wat permanent buite die grense van Suid-Afrika woon. Meer besonderhede oor die Suid-Afrikaanse Radioliga web.

** Die WSPR-Handleiding vir ontvangs is opgedateer. As jy belangstel in die geheime van voortplanting, dan is WSPR die instrument tot jou beskikking. Al wat jy nodig het om hierdie fassinerende instrument te ervaar, is 'n ESB send/ontvanger, 'n eenvoudige antenna, 'n rekenaar, toegang tot die internet en 'n opsionele klank kaart koppelvlak om die send/ontvanger aan jou rekenaar te koppel.

Stewart Moss, ZS6SGM, het sy handleiding opdateer. Dit kan afgelaai word van 'n skakel op www.sarl.org.za, klik op “propagation research”.

** Jamboree-op-die-lug sal op die lug wees oor die naweek van 17, 18 en 19 Oktober en CQ Hou Koers sal op 18 Oktober op die lug wees. Hopelik het jy en jou Klub kontak gemaak met die plaaslike Padvindergroep, Meisiegidsgroep of Voortrekkerkommando en begin met die reëlings. As jy op soek is vir 'n Padvinder- of Meisiegidsgroep naby jou, kontak Dennis, ZS4BS, by zs4bs@netactive.co.za en as jy op soek is na 'n Voortrekkerkommando naby jou, kontak Andries, ZS6VL op andries.visagie@natref.com. Ons gaan vir hierdie Jeugbewegings inlig waar om 'n radio amateur te vind.

As jy graag 'n spesiale JOTA of CQ Hou Koers roepsein wil hê, voltooi die OKOSA aansoekvorm, voeg 'n motivering by en stuur dit via die Suid-Afrikaanse Radioliga. Doen dit nou. As jy 'n roepsein het, maak seker dit is nog steeds geldig.

** Desember is YOTA maand! IARU Streek 1 Jeug koördineerder Lisa Leenders, PA2LS, berig dat Desember is Jongmense-op-die-lug (YOTA) maand. Nadat die eerste Desember YOTA maand in 2013 gehou is, is die YOTA span besig met die beplanning van die volgende een. Gedurende die hele maand van Desember 2014, sal 'n klomp lande aktief wees met YOTA as 'n agtervoegsel in die roepsein, insluitend Suid-Afrika.

Die idee hiervan is om die ys vir 'n paar jong mense te breek en hulle die geleentheid te bied om die mikrofoon in die hand te neem en 'n QSO via amateur radio te maak. Die YOTA groep is vinnig groeiende en weeklikse vra jongmense om deel te neem. Kom ons maak Jongmense-op-die-lug 'n gewilde gebeurtenis in amateur radio en laat ons almal help om jongmense op die amateur radio trein te sit! Meer besonderhede om te volg.

Doen iets spesiaal vir die jeug van ons land.

** Die tweede HAMNET Gauteng Suid-werksessie oor die Sky Command stasie vir die maand van Augustus het op Sondag 24 Augustus 2014 by die QTH van Chris, ZS6COG, plaasgevind. Die rede vir die verskuiwing van die Sky-Command stasie van Bedfordview - Dawn View na Spaarwater is tweeledig. Eerstens met betrekking tot veiligheids kwessies aan die Dawn terrein waar gereelde inbrake 'n werklike bedreiging is. Tweedens die vlak van HF geraas op die hoë standplaas. Om hierdie rede is die volgende stappe geneem - 'n 24 meter paal is verleng en toegerus met hakies en antennas. Op HF, is 'n reis-golf dipool installeer en op VHF/UHF sal 'n X-200 vertikale antenna diens doen. Die voer lyn gebruik is LMR 400 en 'n 48 cm rak met dubbele isolering en ‘n lug filter stelsel, is toegerus met drie nuwe deurlopende krag eenhede en die Sky Command platforms. Sodra dit weer opgerig is sal die antenna stelsel by 29 meter sit. Die hele Ekurhuleni gebied en suidelike voorstede van Johannesburg sal in staat wees om die stasie met gemak te werk.

Die werk het om 11:00 begin en om 18:30 het die die laaste mense terug gekeur huistoe. Soos gewoonlik is die die harde werk gevolg deur 'n ontlontingsessie waar al die positiewe en negatiewe aspekte bespreek is en die pad vorentoe gekarteer is. Jy kan ook deel van hierdie wenspan wees. Ons werk hard om te verseker dat ons kommunikasie vermoëns altyd gereed is.

Radio amateurs wat help met die tweede werk sessie sluit in - Glynn, ZS6GLN; Peter, ZS6PHS; Pieter, ZS6VRK; Francois, ZS6COI; Judy, ZS6JDY; Shane, ZS6ZSB; Stephen en sy LV Elaine; Abel, ZS6EBL; Chris, ZS6COG en sy LV Elsabe, ZR6MME; Leon ZS6LMG kon dit nie maak nie, maar hy voorheen gehelp.

Die volgende bespreking rondom die HAMNET Gauteng Suid Sky Command stasie sal by die maandelikse HAMNET Gauteng Suid-vergadering op Donderdag 4 September 2014 by die 9de Benoni Padvindersaal in Ebenezer, Benoni - Arrowe Park wees. Jy word uitgenooi om 'n vriend saam te bring en hulle bekend te stel aan HAMNET noodkommunikasie. HAMNET - Ons kry die boodskap deur, al neem dit wat.

U luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga, en nou kyk ons na kompetisienuus en nuus van die klubs.

** Vanmiddag van 13:00 tot 16:30 UTC kan jy deelneem aan die Suid-Afrikaanse Radioliga HF GG kompetisie met aktiwiteit op 20, 40 en 80 meter. 'n RST verslag en 'n opeenvolgende reeksnommer wat by 001 begin word uitgeruil. Jy kan deelneem as 'n enkeloperateur enkel band; 'n enkeloperateur alle bande; 'n multi-operator enkel band of 'n multi-operateur alle bande stasie. Morsekode kontakte tel 2 punte, tel twee punte vir elke roep gebied op elke band en tel 2 punte vir elke stasie gekontak op al drie bande. Kry die volledige reëls in die 2014 Suid-Afrikaanse Radioliga kompetisiehandboek.

Jy kan jou log in Cabrillo of ADIF formaat instuur of maak gebruik van die MS Excel dokument beskikbaar by www.zs4bfn.co.za/downloads.asp. Sluit jou roepsein in as die naam van jou log, bv. ZS4BS log.adi. Onthou om die naam van jou klub aan te dui - dit is vir die klub kompetisie.

Daar sal ook 'n gelukkige trekking wees vir 'n ARRL Antenna boek ter waarde van meer as R900. Om deel te neem, moet 'n deelnemer 'n log dien met 'n minimum van 15 kontakte.

** Die Komitee het slegs elf logstate ontvang vir die Suid-Afrikaanse Radioliga HF Digitale Kompetisie, gehou op 17 Augustus 2014, ontvang. Hierdie elf amateurs het 206 QSOs gemaak. Die uitslae is soos volg:

1ste Roger Jones, ZS6RJ, 120 punte
2de Jan Botha, ZS4JAN, 84 punte
3de Noel Hammond, ZR6DX, 76 punte
4de Nico Oelofse, ZS4N, 60 punte

Klub Kompetise
1ste West Rand ARK, 208 punte
2de Bloemfontein ARK, 166 punte
3de Pretoria ARK, 54 punte

Die hoogste telling op ’n enkelband is behaal deur Roger Jones, ZS6RJ, met 56 punte op 20 meter.

Die wenner van die gelukkige trekking is Theunis Potgieter, ZS2EC

Dankie, vir al die logstate en geluk aan Roger en die Wesrand. Die volledige uitslae is beskikbaar in HF Happenings 620.

** Eddie, ZS6BNE, en 'n span amateurs beplan om twee nuwe pieke op Saterdag 20 September te aktiveer in die Vrystaat vir SOTA. Die pieke is in die Moolmanshoek gebied tussen Ficksburg en Rosendal. Saam met Eddie, sal Rudi, ZS6DX, Andries, ZS6VL, Cliriska, ZU6BV, en Angelo, ZU6M, wees. Meer besonderhede om te volg.

** Aansoek vir lidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Radioliga is ontvang van die volgende persone - Hennie Heyns Steenkamp, ZS3HHS en Allen Herweg, ZS6HWG

Enige besware teen die aanvaarding van die aansoeke moet die Suid-Afrikaanse Radioliga sekretaris voor of op die Dinsdag na die bulletin bereik. Tot op datum het 1 308 lede weer hul lidmaatskap hernieu en daar is 30 klubs reeds affilieer tot die Suid-Afrikaanse Radioliga vir vanjaar.

** Die Pretoria Amateurradioklub (PARK) het 'n algemene jaarvergadering gehou op 26 Julie. 'n Nuwe komitee is verkies en het reeds die eerste komiteevergadering gehou. Die nuwe komitee bestaan uit die volgende lede - Johan de Bruyn, ZS6JHB (voorsitter); Jan (Pine) Pienaar ZS6OB; Fritz Sutherland ZS6SF; Andre van Tonder ZS6BRC; Graham Reid ZS6GRJ; Vincent Harrison ZS6BTY; Pierre Holtzhausen ZS6PJH; Craig Symington ZS6RH; Almero du Pisani ZS6LDP; Pieter Fourie ZS6CN;
Tony Crowder ZS6CRO; Louis de Wet ZS6SK; Tjerk Lammers ZS6P en Theo Bresler ZS6TVB.

As 'n klub met heelwat meer as 100 lede benodig PARK 'n groot komitee. Die nuwe komitee word geluk gewens met hulle verkiesing. Die klub bedank Pierre, ZS6PJH, wat as gevolg van persoonlike omstandighede nie weer as voorsitter verkiesbaar wou wees nie, maar desnieteenstaande tyd inruim om as 'n komiteelid aan te bly.

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die sonaktiwiteitsvlak gematig gaan wees. Die eens aktiewe sonvlek AR2146 is besig om te vergaan en al die ander sigbare sonvlekke is stabiel. Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 60. Amateurs gaan die 20 tot 10 m DX-bande geniet met die 20 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl die 15 m net 'n kortkop agter behoort te wees.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

** Wat is in die Dagboek van Gebeure?

31 Augustus - Suid-Afrikaanse Radioliga HF GG Kompetisie
6 en 7 September – die IARU Streek 1 ESB Velddag en die RSGB ESB Velddag
7 September - Suid-Afrikaanse Radioliga Jeug net
13 September - RTA by die Innovation Hub
20 September – Pieke op die Lug vanuit die Vrystaat
20 en 21 September – 5 MHz aktiwiteit naweek
21 tot 26 September – die IARU Streek 1 Algemene Konferensie in Bulgaria
17 tot 19 Oktober – JOTA en CQ Hou Koers

Ons sluit vanmôre se bulletin af met ‘n terugblik op ons hoofberig:

** Die RTA gehou by die NARS verlede week was 'n groot sukses en te beoordeel aan die e-posse ontvang, iets wat nie misgeloop mag word nie. Pretoria is volgende aan die beurt. Die RTA sal gehou word by die Innovation Hub op Saterdag 13 September. Volledige besonderhede, die program en inskrywingsvorms is beskikbaar op die Suid-Afrikaanse Radioliga webwerf. Besprekings vir hierdie RTA sal sluit op Dinsdag 9 September.

Dit bring ons aan die einde van die Suid-Afrikaanse Radioliga nuusbulletin.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 na "Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082, 7 205 en 17 660 kHz. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, en ook verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies word landswyd gedoen.

'n Heruitsending vind plaas op Maandae om 18:30 op 3 230 kHz. Besoek die webblad www.podpage.co.za om ook ander interessante amateurradio verwante potgooi artikels af te laai.

Ons ontvang ook graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle vir nuus-bulletins. Stuur `n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Die SARL se nuusdiens nooi klubs en individue om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op die SARL webtuiste onder die newsinbox skakel, nie later as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan nie.

Jy het geluister na ‘n nuusuitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga wat saamgestel en geredigeer is deur Dennis Green, ZS4BS, en gelees is deur .........................................................................

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou 'n mooi week toe. Totsiens

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003